Corlea Botha is een van dié beste stemme wat Suid Afrika nog gehoor het en spog met goue en platinum verkope. Vir hierdie talentvolle sangeres is geen musiekgenré ‘n uitdaging nie. Sy het bekend en geliefd geraak as een van die Lieflinge, maar is deesdae gevestig as ‘n solokunstenaar met haar nuwe album ‘Wie ek is’ wat reeds ‘n topverkoper is.
Tobi Jooste is die vergestaling van die gróót talent wat daar in ons eie land is. Geen wonder dat sy gehore hom in dieselfde klas plaas as internasionale sangers soos Michael Bublé en Josh Groban nie. Tobi spog met nie minder as 5 CD’s op sy kerfstok en sy fluweel stem trakteer gehore op ‘n besonderse manier. Humor is ‘n onlosmaaklike deel van sy persoonlikheid en word weerspieël in die twee boeke wat hy reeds gepubliseer het. Tobi is geen onbekende op TV nie en het reeds in verskeie programme verskyn as aanbieder.
Beide kunstenaars het reeds duidelik hul merk in die musiekbedryf gemaak. Dié samevoeging van hul sjarme en sang talente op een verhoog beloof om ‘n musikale ontploffing te wees wat gehore sal laat vra na meer.
Benewens hul uitsondelike musiek sal die skreeusnaakse Tobi en pittige Corlea die gehore ‘n kykie gee na die ligter kant van sanger wees.
Met slegs ‘n beperkte aantal EKSKLUSIEWE optredes, gaan die stemme van Corlea en Tobi gehore in SA bekoor op ‘n aangrypende en opwindende wyse.
Dié konsert sluit duette en solo vertonings in van onder andere die gróótste treffers uit wêreldbekende musiekblyspele soos Chicago, Mamma Mia!, Lion King, Beauty and the beast, Sound of Music, Aladdin, Moulin Rouge, Greace, Cats, Chess, Phantom of the Opera.