BARNYARD LOYALTY CLUB
ENQUIRIES
Book online through our website
or telephonically
AFRISNAAKS
Dis laf, dis ligsinnig, dis lekker. Dis AfriSnaaks!
Victor Media bied aan: AfriSnaaks Dis laf, dis ligsinnig, dis lekker. Dis AfriSnaaks! Vir die eerste keer bied Victor Media 'n 100% Afrikaanse Stand-up ervaring met gevestigde, vreemde, nuwe en bowenal skreeusnaakse komediante aan. Afrikaanse stand-up is besig om sterk wortel te skiet en hierdie is jou kans om 'n paar van die voorste eksponente van local en lekker humor in lewende lywe te sien. Uit die Kaap kom doen Ronnie Victor sy ding op sy eiesoortige, aweregse manier en beloof om jou 'n unieke blik op die lewe van ‘n enkellopend jong man te gee in vandag se lewe. Uit Gauteng is Melt Sieberhagen en Hannes Brümmer daar om uiteindelik vrede te maak met die feit dat hulle die oudste manne op die verhoog is en dus nie meer na hulleself as "nuwe stemme op die komediefront' kan verwys nie. Genadiglik het die ervaring wat hulle opgebou het ook gesorg vir etlike nuwe stories oor die lewenslesse wat lag hulle geleer het. Op die musikale front (en by verre ook die aantreklikste van die lot) is Francois van As wat met sy kitaar, stroopsoet rasperstem en duidelik versteurde denkpatroon 'n paar komiese liedjies kom sing. Maak seker jy hoor hulle eerste voordat hulle opgeneem word op die nuwe "Sokkie Jouself Simpel" kompilasie album verskyn. Waar? Cresta Barnyard Wanner? Sondag 21 Julie 2013 Hoe Laat? 19:30 Hoe lank? 80 minute van lekker lag. Hoeveel? Net 'n R135. Goedkoper as 'n sessie by enige sielkundige.

SHARE THIS PAGE