‘n Aand uit vir die hele gesin!
Bobby en Karlien van Jaarsveld deel ‘n verhoog in die Barnyard! Nie net is diè twee boetie en sussie nie, maar kan hulle albei sing ook!!!
Bobby, aangewys as die Gewildste Manlike Kunstenaar tydens die Tempo Toekennings 2011, lewer unieke en energieke vertonings wat landswyd deur gehore geniet word. Die verskeidenheid musiek gengres wat hy ook tydens sy vertonings gebruik gee die gehore iets om na uit te sien en verseker dat hulle weer en weer terugkom om ‘n vertoning by te woon. Bobby en sy orkes tree al sedert Mei 2008 saam op en die groepie manne saam sorg vir vermaak! Bobby spog al met 2 CD’s op die rakke. Sy heel eerste CD “Duisend ure” het goue status bereik en die tweede CD “Net vir jou” het binne die eerste agt weke Platinum Status bereik. Bobby is ‘n gesoute skrywer en skryf meeste van sy liedjies self. Bobby is benoem vir verskeie toekennings regdeur sy sang loopbaan en het al met ‘n hele paar toekennings weggestap. Bobby het ook al sy voete as akteur gevind tydens die fliek “Liefling – Die Movie” wat in 2010 uitgereik is. Hierdie fliek het al die rekords in SA gebreek! Met “World Cup Rugby”-koors wat hoog loop is Bobby as die Champion in Jacaranda 94.2 se The World Cup of Music aangewys en het hy 32 ander kunstenaars uitgestof.
Karlien, aangewys as Beste Nuweling tydens die Tempo Toekennings 2011, se liedjies is vol skop! Dit is lekker saamsing liedjies en iets vir die hele gesin! Karlien se vertonings bevat musiek vir almal! Karlien se album”Jakkals Trou Met Wolf se Vrou” het in slegs vier maande goue status bereik. Karlien is ‘n nuweling in eie reg en sy gaan die land nog lank betower met haar unieke stem. Karlien was vir die afgelope paar weke op DKNT2 se Top 10 asook Jacaranda 94.2 se Top 20 met haar album. Karlien maak ook haar verskyning as aktrise in die fliek “Platteland” wat in November in teaters te sien is. Sy is reeds in 2011 vir 3 Tempo Toekennings benoem: Beste Nuweling, Beste Pop Album en Gewildste Vroulike Kunstenaar. Hierdie nuwe stem in die musiekbedryf gaan sorg vir nog baie vermaak! Hou haar dop!