BARNYARD LOYALTY CLUB
ENQUIRIES
Book online through our website
or telephonically
BOK VAN BLERK & PETER MITCHELL
n boer en n skot stap die teater binne...
``Die konserte wat ons beplan is anders as my ander konserte. Daar gaan net `n paar musikante saam met my op die verhoog wees en hoewel ons al die grootste treffers gaan speel, gaan hierdie `n baie meer intieme konsert wees.“ Peter Mitchell, die Kaapse sanger en musikant, gaan die verhoog met Bok deel en die konsert gaan nie net uit musiek bestaan nie, maar ook `n goeie skeut komedie hê. ``Ons gaan stories en grappe vertel“ sê Bok. Omdat Bok altyd met sy volle orkes optree, is dit nie altyd moontlik om in kleiner venues op te tree nie. Hierdie kleiner venues het nou `n gulde geleentheid om `n kunstenaar van Bok se statuur te kry om by hulle op te tree. Aanhangers kry ook die kans om Bok te sien soos nog nooit tevore. ``Meeste van hierdie venues is kleiner en meer intiem,“ sê Bok. ``Die konserte gaan dus `n lekker kuieraand wees en `n goeie geleentheid vir my wees om mense van nader te leer ken.“

SHARE THIS PAGE