BARNYARD LOYALTY CLUB
ENQUIRIES
Book online through our website
or telephonically
JOSHUA NA DIE REEN
Someraarde
“Die titel van my nuwe album, is SOMERAARDE. Dit is gebaseer op die titelsnit wat ek vir my ouboet, Pierre, geskryf het. Vandat ek kan onthou, was sy hoop vir die wêreld dat almal genoeg sal hê om van te leef en dat daar vrede sal wees. Dat mense hulle volle potensiaal sal ontdek. Ek het besef dat jy daardie plek net binne jouself kan vind, en as dit ’n naam gehad het, sou myne SOMERAARDE gewees het,” verklap die gewilde musikant en liedjieskrywer, Joshua na die Reën.

Die musikant, wat bekend is vir sy rustige fluweelstem, het sy nuutste vrystelling self vervaardig. Hy het baie moeite gedoen om die mooiste melodieë en lirieke soomloos te verweef met ’n interessante kombinasie van kontemporêre- en pop-klankeom ’n baie treffende eindresultaat te verseker.

Anders as met die vorige CD, Die Wêreld Binne My, wat meestal gegaan het oor die wêreld binne elkeen wat daarna luister, moedig sy derde ateljee-album luisteraars aan om vrede binne hulleself te vind. Die genre is egter steeds Stadium Rock, maar buiten vir die kenmerkende kontemporêre styl, is daar ook interessante pop-elemente in party van die liedjies wat bydra tot die splinternuwe klank wat hy graag wou skep.

SHARE THIS PAGE