BARNYARD LOYALTY CLUB
 
 
ENQUIRIES
Book online through our website
or telephonically
GEREFORMEERDE BLUES BAND OLD 2019
met Riku Lätti en Churchil Naude van Die Wasgoedlyn Photo by: Cornél van Heerden
Piet Pers, Meneer Volume, Karla Krimpelien en Hanepoot van Tonder? Dis mos die Gereformeerde Blues Band!

Die Gereformeerde Blues Band was die musikale enjin agter Johannes Kerkorrel, en hulle enigste studio album 'Eet Kreef', pryk vandag in beide geskiedenisklasse en trotse plateversamelings.

Gedurende die laat tagtiger-jare het hulle die saai Afrikaner musieklandskap geterroriseer met 'n nuwe ruk-en-rol gees, summier deur 'n verslae media gedoop as 'boerepunk'.

Saam met Kerkorrel en ander verdagtes soos Koos Kombuis en Bernoldus Niemand, is die land gedurende die legendariese Voëlvry Toer oorkruis, en die jeug is meegesleur die toekoms in...

Laat die oorsproklike groep muskiante (en 'n paar trawante) u meevoer na 'n tydjie 30 jaar gelede, toe hul energie en anargie sentraal was tot 'n beweging wat (op die nippertjie) Suid-Afrika oor die drumpel, en 'n nuwe era binne gehelp het.

Sang: Tonia Selley (Karla Krimpelien)
Kitaar: Willem Möller (Mnr Volume)
Baskitaar: Gary Herselman (Piet Pers)
Dromme en tromboon: Jannie van Tonder (Hanepoot)

By hierdie unieke konsert word die GBB bygestaan deur Riku Lätti op klavier/trekklavier/sang, en die uitmuntende rymkletser Churchill Naude is ons gaskunstenaar.

SHARE THIS PAGE