BARNYARD LOYALTY CLUB
 
 
ENQUIRIES
Book online through our website
or telephonically
KARLIEN VAN JAARSVELD
Karlien van Jaarsveld
In Maart 2011 reik Johan Vorster Songs Karlien se album “JAKKALS TROU MET WOLF SE VROU” is uit. Twee videos is ook geskiet van “Beter as Liefde” en “Jakkals Trou met Wolf se Vrou”. Hierdie album was vir meer as `n jaar op die DKNT se Top Tien Ranglys! Die album se verkope het ook Platinum Status bereik met verkope van meer as 70,000 eenhede. In November 2011 verskyn Karlien in die Afrikaanse fliek Platteland saam met Steve Hofmeyr, Bok van Blerk, Jay & Lianie. Sy het die rol gespeel van `n parmantige matriekdogter. Karlien was ook een van die sewe finaliste vir Finesse se Inspirasie Vrou 2012 in die afdeling, skoonheid. In 2013 reik Johan Vorster Songs Karlien se tweede album, “UITKLOPHOU”, uit wat binne weke platinum status bereik het. Hierdie album ontvang `n verstommende 9 musiek nominasies in 2014! In November 2013 verskyn Karlien in die Afrikaanse fliek AS JY SING saam met haar broer, Bobby van Jaarsveld, Bok van Blerk, Robbie Wessels en Hanna Grobler. Sy het die rol gespeel van `n sjef. In Maart 2015 reik Karlien weer ‘n treffer album uit – My Hartjie. Hierdie album het binne weke Goue Status bereik en is reeds verby die Platinum kerf! Gedurende Mei 2015 kry Karlien die geleentheid om deel vorm van die Aspoestertjie pantonime. Sy speel die rol van Aspoestertjie. Haar eerste verhoogstuk. In Augustus 2015 word sy en haar dansmaat, Devon Snell, aangewys as die wenners van seisoen 8 van Strictly Come Dancing. Karlien van Jaarsveld het in `n kort tydjie haar merk gemaak in die musiekbedryf en sy is hier om te bly.

SHARE THIS PAGE