BARNYARD LOYALTY CLUB
 
 
ENQUIRIES
Book online through our website
or telephonically
ADAM
Nuwe album nou beskikbaar! - HOOGTEVREES
Na drie suksesvolle albums en ‘n kortspeler saam met Daniel Baron, is die popgroep ADAM (Hugo Ludik, Reynardt Hugo en Kyle Grant) se splinternuwe album, Hoogtevrees, pas uitgereik! Die titelsnit van die album is reeds ‘n paar weke gelede uitgereik en pryk op talle radiostasies landswyd se trefferparades. Die meeste mense sal kan identifiseer met die liedjie Hoogtevrees, vertel Hugo Ludik wat dit saam met sy sangmaat Reynardt Hugo geskryf het. “Dit gaan oor ‘n romantiese verhouding wat by ‘n kruispad kom en jy dan wonder: wat nou?” Dikwels sal ‘n mens dan die verhouding in twyfel trek en wonder of dit gaan werk of nie. Hugo verduidelik dit is dan dat jy soms maar net jou oë moet toeknyp en ‘n geloofsprong maak. “Jy moet van die verlede vergeet en op ‘n skoon bladsy begin,” is sy advies. Hy beskryf Hoogtevrees as ‘n “polsende popliedjie met ‘n vinnige tempo waarop jy lekker sal kan dans”. Oor die uitreiking van die volledige album is die manne net so opgewonde. Hugo vertel dat hulle twee jaar lank aan hom gewerk het, en daarom is dit beslis die album met die sterkste liedjies op. “Dit is in ‘n tipiese ADAM-styl waaraan ons ondersteuners gewoond is. Ons het daardie fondament behou maar tog ook ‘n paar nuwe klanke ingebring,” verklap hy. Die album bestaan uit 13 snitte en sluit ook ‘n snit, Hel of Hoogwater saam met Die Heuwels Fantasties in!

SHARE THIS PAGE