BARNYARD LOYALTY CLUB
 
 
ENQUIRIES
Book online through our website
or telephonically
FOKOFPOLISIEKAR
Fokof raak 20!
In 2003 het vyf jong mans van Bellville besluit om ‘n Afrikaanse punk band te begin. Dit is nou 20 jaar later en daar is geen beter plek om hierdie mylpaal te vier as in die hart van Bellville, waar alles begin het, nie.

Kom ervaar Fokofpolisiekar soos nog nooit te vore nie. Laat die band jou op ‘n reis deur twee dekades van hulle musiek neem met ‘n unieke Fokofpolisiekar vertoning soos nét hulle kan.

Hierdie is die een Fokofpolisiekar vertoning wat jy kan kan mis nie.

In 2003 was die droom eenvoudig. Die manne wou voltyds musiek speel en só vir hulself ‘n wegspringplek skep om loopbane te loods waarvan hulle in beheer is.

Met ‘n naam soos Fokofpolisiekar het dit vir baie soos ‘n onrealistiese jongman se droom geklink. Maar wat niemand kon weet nie (nie eens die groepslede nie), was dat onder die vyf van hulle ‘n baie spesiale konkoksie van persoonlikhede en talente is, en dat dié kombinasie homself oor en oor sou bewys as ‘n kragstasie van kreatiwiteit en besigheidsin.

Dit is nou twee dekades later en die vyf vriende is reg om die derde dekade van Fokofpolisiekar te betreë.

SHARE THIS PAGE