Vertoning in ons intieme nuwe Musiekskuur-teater @ Pretoria-Barnyard
Die talentvolle sangeres met haar raafswart hare en goue stem is een van Suid Afrika se gewildste solo kunstenaars.
Haar vertoning bestaan uit ‘n potpourri van Pop en Rock, Jazz en Blues, Klassiek en Ballade. Een van die grootste verrassings vir die gehoor, is haar diversiteit as kunstenaar deur byna in elke genre denkbaar te sing!
Almal word op die punte van hul stoele vasgenael gehou deur haar ongelooflike stemkwaliteit asook die omvang van haar stem.
Kom geniet ‘n aand om te onthou saam met Corlea!