BARNYARD LOYALTY CLUB
ENQUIRIES
Book online through our website
or telephonically
CHRIS CHAMELEON - (Musiekskuur)
Jy en Ek en Ek en Jy
Chris Chameleon het ses jaar laas ’n volkome, selfgeskrewe Afrikaanse album vrygestel. Met die bekendstelling van die langverwagte 'Jy en Ek en Ek en Jy’ kan aanhangers uiteindelik asem uitblaas. Die album is musikaal en liries sy mees avontuurlustige ooit, en in 2017 toer hy met hierdie nuwe album na alle uithoeke van Suid-Afrika. Die klem val op hierdie nuwe baanbrekerswerk, waarin Chris opnuut weer die grense van klank, woord en sang in Afrikaans uitdaag en verskuif. Maar gehore kan natuurlik ook uitsien na ’n keurspel van die treffers wat van Chris deur die jare ’n huishoudelike naam gemaak het. Indien jy self so ’n Chris Chameleon lied het wat jy wil hoor, is daar goeie nuus vir jou: hy gee die gehoor altyd ’n geleentheid om hom te probeer vasvra met sy eie werk!

SHARE THIS PAGE