BARNYARD LOYALTY CLUB
ENQUIRIES
Book online through our website
or telephonically
LIANIE MAY (Musiekskuur)
LIANIE MAY…is hiér om te bly!
Luister uit vir die eerste single van die CD, die hartroerende titel snit, VERGEET MY NIE, wat die hartseer en pyn deel van wanneer ‘n mens ‘n geliefde verloor. SEAN ELSE (wat DE LE REY se musiek video geskiet het) het ‘n roerende video geskiet vir die lied, en sal binnekort op die skerms begin draai. Die res van die CD is gevul met treffers van alle soort, liedjies wat die tone laat wikkel soos BOEREVRY, BEL, BEL, BEL, EK KOM HUIS TOE, liedjies wat die hartsnare roer soos, JY SOEN MY NIE MEER NIE, LOS MY NIE ALLEEN NIE, VROU STAAN BY HAAR MAN, SOMERRëEN, selfs liedjies wat dinge van oud onthou soos, TOE ‘N TWEE RAND NOG ‘N TWEE RAND WAS. Daar is ook twee DOLLY PARTON treffers op wat die mense sal terug neem na ‘n ander tyd en plek en natuurlik is daar ‘n vuurwarm BELINDA CARLISLE MEDLEY en ‘n kragtige treffer van die groep HEART…WILL YOU BE THERE IN THE MORNING. LIANIE MAY se musiek herriner mens baie aan SHANIA TWAIN en DOLLY PARTON. Dis gevul met pragtige sterk melodië, vleiende harmonieë wat gedryf word deur stewige lewendige kitare en instrumente. Dis ‘n CD wat jy opsit en deur luister tot die einde…en dan maar weer en weer herhaal! Die Afrikaanse musiek bedryf is honger vir ‘n nuwe vroue stem wat die groot gaping kan vul. LIANIE MAY…is hiér om te bly!

SHARE THIS PAGE