BARNYARD LOYALTY CLUB
ENQUIRIES
Book online through our website
or telephonically
DEWALD WASSERFALL (Musiekskuur)
Liedjies skryf is in sy bloed.
Vir amper 20 jaar al is Dewald Wasserfall se wêreld so te sê oorheers deur musiek, en oor die afgelope dekade het hy in ’n suksesvolle en hoogs gerespekteerde sanger en liedjieskrywer ontpop. Liedjies skryf is in sy bloed. Op die jong ouderdom van 12 het Dewald alreeds sy eerste liedjie geskryf. Sedert 2010 bou Dewald aan ’n suksesvolle solo-loopbaan. Hierdie perfeksionis, professioneel tot die murg toe, het twee jaar lank aan sy langverwagte solo-debuut, 2012 se Vergeet Wat Jy Weet Van Liefde, saam met medeskrywers en tydgenote Johan Vorster en Ewald Coleske, gewerk. Beide die titelsnit, Vergeet Wat Jy Weet Van Liefde en die tweede enkelsnit, Eendag As Ons Groot Is het die nommer 1 posisie op verskeie radiostasies reg oor die land bereik. (Vertoning in ons intieme nuwe Musiekskuur-teater @ Pretoria-Barnyard)

SHARE THIS PAGE