BARNYARD LOYALTY CLUB
ENQUIRIES
Book online through our website
or telephonically
JAKKIE LOUW - SING SINATRA (Musiekskuur)
Kom saammet ons op hierdie ongelooflike reis.
Jakkie Louw vat jou op 'n lewensreis deur ou New York New York se broadway en deur ou Hollywood se strate waar "ol' blue eyes" as jong man kon harte steel met 'n paar note en 'n verleidende glimlag. As deel van die mob het hy 'n ikoniese legende geword het. As jy jou oe toemaak staan jong Frank Sinatra voor jou op die verhoog en sing sy hart uit. Met Jakkie se multimedia vertoning met 'n vol band, raak jy weer van voor af verlief op goeie musiek. Jakkie het meer as 6 maande se navorsing gedoen om die stories van die liedjies en die man bymekaar te kry om hierdie ongelooflike vertoning op die planke te bring. Jy mag dalk ook 'n traantjie pik met die stories oor sy bekendste liedjies. He just did it his way...!! Kom saammet ons op hierdie ongelooflike reis. (Vertoning in ons intieme nuwe Musiekskuur-teater @ Pretoria-Barnyard)

SHARE THIS PAGE