BARNYARD LOYALTY CLUB
 
 
ENQUIRIES
Book online through our website
or telephonically
DIE BOER EN DIE SKOT
Bok van Blerk en Peter Mitchell
Vir jare lank al vermaak Bok van Blerk groot skares mense regoor Suid-Afrika en selfs in die buiteland. Dit is juis in die Verenigde Koninkryk waar hy vir Peter Mitchell, die Skot, raakgeloop het. Die twee het toevallig ontmoet nadat Mitchell Van Blerk se liedjies bestudeer het om sodoende ‘n breër kennis van Afrikaans te kweek. ``Die konserte wat ons beplan is anders as my ander konserte. Daar gaan net `n paar musikante saam met my op die verhoog wees en hoewel ons al die grootste treffers gaan speel, gaan hierdie `n baie meer intieme konsert wees.“ Peter Mitchell, die Kaapse sanger en musikant, gaan die verhoog met Bok deel en die konsert gaan nie net uit musiek bestaan nie, maar ook `n goeie skeut komedie hê. ``Ons gaan stories en grappe vertel“ sê Bok. In hierdie teaterstuk vertel Van Blerk die stories agter van sy grootste treffers. Tussendeur vertel en komponeer Mitchell skreeusnaakse staaltjies en liedjies. Beide kunstenaars vermaak deurentyd in hierdie unieke stuk. Kom kyk na hierdie vars vertoning deur twee van die mees talentvolle kunstenaars in Suid Afrika. Omdat Bok altyd met sy volle orkes optree, is dit nie altyd moontlik om in kleiner venues op te tree nie. Hierdie kleiner venues het nou `n gulde geleentheid om `n kunstenaar van Bok se statuur te kry om by hulle op te tree. Aanhangers kry ook die kans om Bok te sien soos nog nooit tevore. Hierdie teater stuk het in 2012 vol sale getrek regoor die land en almal wat die stuk gesien het, het gegons daaroor. ``Meeste van hierdie venues is kleiner en meer intiem,“ sê Bok. ``Die konserte gaan dus `n lekker kuieraand wees en `n goeie geleentheid vir my wees om mense van nader te leer ken.“

SHARE THIS PAGE