BARNYARD LOYALTY CLUB
 
 
ENQUIRIES
Book online through our website
or telephonically
LIEFLINGE (Musiekskuur)
RUDI CLAASE EN CHARNÉ HUGO
Musiek wat jou asem sal wegslaan Hoendervleismooi is die perfekte woord om Rudi Claase en sy splinternuwe sangmaat, Charné Hugo, se eerste CD op te som. Die dubbel-album, Asemrowend, bou voort op die unieke klank en styl wat so eie is aan die Lieflinge-handelsmerk en dit is van die eerste noot af duidelik dat hierdie twee groot stemme mekaar perfek aanvul. Die eerste enkelsnit, Sing in die Reën, is pas vrygestel en is reeds besig om die trefferleer te klim. Net soos die res van die album, is hierdie liedjie ’n mengsel van roerende lirieke en aangrypende melodieë, wat nie net in jou kop kom vassteek nie, maar jou ook onwillekeurig sal laat saam neurie. “Hierdie liedjie is ’n metafoor vir soveel dinge in ons eie lewens, want ek en Charné het albei al so baie reën ervaar. Maar jy moet op ’n stadium ’n keuse maak en vir jouself sê dat jy nie jou talent onder die storm kan begrawe wanneer dit rondom jou val nie. Jy moet opstaan en verstaan dat die son weer sal uitkom en dit is presies waaroor hierdie liedjie en ook die album gaan,” vertel Rudi trots. Lieflinge se hooffokus was nog altyd om hulde te bring aan groot kunstenaars uit die verlede en dit is ook die geval met die nuwe album. Die dubbel-CD bestaan uit 13 Afrikaanse (Ons Lieflinge) en 12 Engelse (Our Darlings) snitte wat sorgvuldig uitgesoek, in Rudi se eie unieke styl verwerk en met die musiek van ’n simfonieorkes gekombineer is om die hartsnare behoorlik te prikkel. Buiten vir ’n paar nuwe liedjies uit Rudi se pen, bevat Asemrowend ook ’n versameling van die sangpaar se eie gunstelinge waarby die teikengehoor beslis sal aanklank vind. Die puik vertolking van treffers soos onder andere Maggie, I don’t wanna play house, It’s You, It’s You, It’s You en Amazing Grace sal luisteraars nie net beïndruk nie, maar ook vul met nostalgiese herinneringe aan hulle kinderdae – terwyl verskeie keurspelle soos onder andere Chiquitita-The winner takes it all sorg vir ’n interessante verskeidenheid. Volgens Rudi, is Charné se pragtige stem die inspirasie agter Asemrowend. “Toe ek Charné se stem vir die eerste keer op ’n opname hoor, het dit my asem heeltemal weggeslaan. Ek kon nie glo dat iemand wat in ’n rolstoel sit só kan sing nie. En toe ons vir die eerste keer saam sing, was die eindresultaat ongelooflik! Daar was net nie ’n ander naam, wat die musiek wat ons saam maak beter kon saamvat, as Asemrowend nie,” sê hy. Nadat die oorspronklike Lieflinge se paadjies geskei het, was daar min hoop dat hierdie handelsmerk, wat eens so suksesvol was, ooit weer sou herleef. Maar Rudi het dit reggekry om die perfekte nuwe ‘liefling’ op te spoor en Asemrowend gaan heel moontlik nog die sukses van al die voriges in die reeks oorskry

SHARE THIS PAGE