BARNYARD LOYALTY CLUB
 
 
ENQUIRIES
Book online through our website
or telephonically
INTIEM - VROUE OGGEND
Dis ’n Eva-funksie wat jy nie mag misloop nie.
Twee mense op dieselfde golflengte is verseker die ideale plek waar enige huwelik wil wees. As dit nie die geval is nie, kan een party beslis die bal aan die rol sit. Dit is hoekom jy nie INTIEM se gewilde Vroue-oggend op 25 Maart 2017 by die Willow Bridge Barnyard in Tygervallei durf misloop nie! Hier kan jy goeie inligting en nuttige wenke kry vir hoe om jou huwelik op koers te plaas of op dreef te hou. En as jy voel jy het nie enige inligting of wenke nodig nie, kom geniet net die oggend saam met mede-Eva’s wat net so vuur-en-vlam vir die huwelik as instelling is soos jy. Soms raak ons so meegesleur deur die pas wat vir ons bepaal word, dat ons vergeet om stil te staan by ons manne en hul uniekheid en spesiale eienskappe in te drink. Op 25 Maart wil ons jou inspireer om jou man weer optimaal te geniet! Pastorievrou en gewilde spreker Ivy Sutton, en die bekende mediese dokter en seksuoloog Elna Rudolph is ons sprekers vir die oggend en gaan feite en mites rakende ‘n vrou se seksualiteit met ons deel. So ja, jy gaan seksslim word. Leer weer om jou man op ’n stuitige, oppervlakkige manier te herontdek maar staan ook stil en leer hoe om die dieper wese van die maat wat God vir jou gekies het, van voor af te waardeer. Eie aan INTIEM gaan ons kenners daardie vrae antwoord waaroor baie vroue wonder maar te skaam is om te vra! Jy gaan dus die geleentheid kry om anoniem daardie vraag te vra wat jy nog altyd wou . . . Dis ’n Eva-funksie wat jy nie mag misloop nie. Kom klets, kekkel en skater saam met vroue wat besef hoe onmiskenbaar sterk hul invloed in die huwelik is en neem daardie eerste stap tot ’n hemelse huwelik. Bespreek nou! R250/persoon verversings en 6 maande subskripsie ingesluit. Bespreek ’n tafel vir jou en 9 vriendinne, laat weet dan vir Monja by monja@intiem.co.za met jou naam en tafelnommer en jy kry ’n spesiale INTIEM-geskenkpakkie by die Vroue-oggend

SHARE THIS PAGE