BARNYARD LOYALTY CLUB
ENQUIRIES
Book online through our website
or telephonically
CHARLIZE BERG MET JAKE BURG
Charlize Berg met Jake Burg
Die SAMA-, Ghoema- en Huisgenoot Tempo-genomineerde Charlize Berg se splinternuwe album, As Jy Weet Dis Liefde, is pas bekendgestel! Charlize het met haar eerste enkelsnit “Braaf” no1 behaal op die Afrikaanse Jacaranda Tp20 en no 2 op die Chamberlains Top20 met Cassy Clarke! Saam met bekende liedjieskrywers het Charlize daarin geslaag om ’n vars en internasionale klank in Afrikaans op haar nuwe album te skep. Wat Charlize van ander kunstenaars onderskei, is die feit dat haar album nie slegs uit ‘een treffer’ bestaan nie, maar liedjies soos Braaf, Hartseer Hart en As Jy Weet Dis Liefde, Asof Liefde Nie Seermaak Nie, Ontbreek, is ook treffersparade-materiaal. Liedjies soos Sink ons saam?, Kry My In Die Middel en Breek het ’n internasionale klank wat vergelyk kan word met die van sangeresse soos Taylor Swift en Ellie Golding. Charlize het in 2014 twee SAMA-nominasies ontvang as Vroulike Kunstenaar van die Jaar en Beste Pop Album vir haar album, Charlize Berg. In 2013, het sy ’n Rapport/Vonk-toekenning ontvang as Suid-Afrika se blinkste musiekvonds. Gaskunstenaar - Jake Burg: Nuweling, Jake Burg, se eerste enkelsnit, Niemand Soos Jy, is pas bekendgestêl aan radiostasies landswyd. Die liedjie kom uit sy eie pen en is vervaardig deur Ben Schutte. H y is 'n ervare sanger, skrywer en verwerker wat ook deel gevorm het van Charlize Berg se suksesvolle produksie Greatest Voices wat by die Atterbury Teater in Pretoria opgevoer is en baie van sy liedjies kan op kompilasie-albums gehoor word.

SHARE THIS PAGE