BARNYARD LOYALTY CLUB
ENQUIRIES
Book online through our website
or telephonically
PIETER KOEN - Musiekskuur
Jou gunsteling Jukebox aanbieder, Pieter Koen !
Jou gunsteling Jukebox aanbieder, Pieter Koen kom kuier 30 April by die Musiekskuur in Pretoria! Jare se ondervinding in die musiekbedryf, verskeie musiektoekennings en -benoemings, talle nommer een treffers op die radio, albums wat goue status bereik het, ’n suksesvolle loopbaan as aanbieder op die kassie, en ’n kletsprogram op Jacaranda FM, het van Pieter Koen ’n huishoudelike naam gemaak en vir hom ’n permanente plek in die Suid-Afrikaanse vermaaklikheidsbedryf gevestig. Sy negende album, Kan Nie Vra Vir Meer is November verlede jaar uitgereik. Die album is vol moet-hoor-snitte, wat luisteraars van begin tot einde sal bekoor. Boobs Boude Bene was een van die grootste partytjieliedjies van 2016 en sy hartroerende ballade ‘n Man Kan Ook Huil was Overvaalstereo Stereo se Inspirerende Liedjie Van Die Jaar. Pieter is bekend vir sy magnetiese persoonlikheid en sal jou intrek vir ’n oomblik van nostalgie en dan weer laat skaterlag wanneer hy een van sy staaltjies vertel. 2017 is sy twintigste jaar in die musiekbedryf so maak gereed vir lekker partytjietreffers en ook ‘n paar ballades wat die hartsnare gaan roer. Vir die gesoute Pieter Koen aanhangers gaan ou bekende saamsing liedjies ook op die program wees! So gryp jou Drie Susters en kom skud jou biscuit saam met ons!

SHARE THIS PAGE