BARNYARD LOYALTY CLUB
ENQUIRIES
Book online through our website
or telephonically
STEPHAN VISAGIE - Musiekskuur
Harde werk maak drome waar
Stephan Visagie se gunstelingaanhaling oor musiek is: “Wanneer jy gelukkig is, geniet jy musiek. Wanneer jy hartseer is, verstaan jy die lirieke,” en sy eie musiek is ’n perfekte opsomming hiervan. Hierdie talentvolle kunstenaar het al verskeie liedjies op sy skrywerskerfstok, wat jou op reis vat deur ritmiese dansmusiek en nostalgiese hartsmusiek, en hy werk hard aan ’n splinternuwe album, wat luisteraars se stoutste verwagtinge gaan oortref. Stephan beskryf homself as ’n introvert, met ’n droë sin vir humor, wat maklik nostalgies raak oor die lewe. “Ek kry ’n knop in die keel as ek dink aan die ou dae. Emosies, goed of sleg, is vir my ’n groot bron van inspirasie wanneer ek skryf, as jy lag, lag ek saam... heel moontlik gaan ek saam huil as jy huil,” verduidelik hy. Alhoewel hy nie daarvan hou om ver vooruit te beplan nie, droom hy tog daarvan om die wêreld plat te toer, nog baie albums op te neem en diep spore te trap in die musiekbedryf. As jy kyk na wat hierdie vasberade kunstenaar al alles oor die jare vermag het, kan jy nie anders as om uit te sien na wat hy nóg gaan bereik nie.

SHARE THIS PAGE