BARNYARD LOYALTY CLUB
ENQUIRIES
Book online through our website
or telephonically
ZOEMBA
kyk na die wêreld deur die oë van Zoemba die Renoster!
Kom saam met ons op ‘n die wonderlike avontuur saam met Zoemba die Renoster! Hy woon in ‘n Wildreservaat saam met sy twee vriende, Jippie en Doolie. Zoemba is a baie unieke Renoster, hy het 2 reënbooghorings en is baie lief vir musiek en dans. Dit is natuurlik ook hierdie twee horings wat ‘n groot aantrekkingskrag is vir die nare Stroper wat in die Park rondsluip. Hy wag natuurlik net vir die regte oomblik om Zoemba se horings te probeer steel! Kom help vir Jippie en Doolie om die Stroper te STOP! Hierdie engergieke, lewendige en kleurvolle musiekblyspel is vir jong maatjies tussen 2 en 8 – die vertoning fokus op allerhande dinge wat Zoemba se lewe in gevaar kan stel, vanaf stropers tot besoedeling. Kom lag saam met ons en kom jaag die Stroper van die verhoog af, terwyl ons sing en dans op die maat van die lekkerste musiek, wat sterk boodskappe dra oor vriendskap, natuur en bewaring! Met die talentvolle Rudolph Basson, Pieter Erasmus en Mathato Mampa. Kom kyk na die wêreld deur die oë van Zoemba die Renoster! Dit is verseker wonderlike gesinsvermaak!

SHARE THIS PAGE