BARNYARD LOYALTY CLUB
 
 
ENQUIRIES
Book online through our website
or telephonically
LIEFLINGE
Rudi Claase and Charne Hugo
RUDI CLAASE EN CHARNÉ HUGO – MILJOENE STEMME DIE NUWE “LIEFLINGE” TREFFER-ALBUM Musiek wat jou asem sal wegslaan Rudi Claase en Charne Hugo, het hul eerste CD in 2014 opgeneem en het baie sukses geniet. Die nuwe dubbel-album, Miljoene Stemme, bou voort op die unieke klank en styl wat so eie is aan die Lieflinge-handelsmerk en dit is van die eerste noot af duidelik dat hierdie twee groot stemme mekaar perfek aanvul. Die eerste enkelsnit, Miljoen Stemme is in April vrygestel. Net soos die res van die album, is hierdie liedjie ’n mengsel van roerende lirieke en aangrypende melodieë, wat nie net in jou kop kom vassteek nie, maar jou ook onwillekeurig sal laat saam neurie. Die nuwe album het ‘n nuwe so paar verrassings in wil mens net bietjie laat dans. Lieflinge se hooffokus was nog altyd om hulde te bring aan groot kunstenaars uit die verlede en dit is ook die geval met die nuwe album. Die dubbel-CD bestaan uit 13 Afrikaanse (Ons Lieflinge) en 12 Engelse (Our Darlings) snitte wat sorgvuldig uitgesoek, in Rudi se eie unieke styl verwerk en met die musiek van ’n simfonieorkes gekombineer is om die hartsnare behoorlik te prikkel. . Volgens Rudi, is Charné se pragtige stem die inspirasie agter Asemrowend. “Toe ek Charné se stem vir die eerste keer op ’n opname hoor, het dit my asem heeltemal weggeslaan. Ek kon nie glo dat iemand wat in ’n rolstoel sit só kan sing nie. En toe ons vir die eerste keer saam sing, was die eindresultaat ongelooflik! Daar was net nie ’n ander naam, wat die musiek wat ons saam maak beter kon saamvat, as Asemrowend nie,” sê hy. Nadat die oorspronklike Lieflinge se paadjies geskei het, was daar min hoop dat hierdie handelsmerk, wat eens so suksesvol was, ooit weer sou herleef. Maar Rudi het dit reggekry om die perfekte nuwe ‘liefling’ op te spoor en Miljoen Stemme gaan heel moontlik nog die sukses van al die voriges in die reeks oorskry.

SHARE THIS PAGE