BARNYARD LOYALTY CLUB
ENQUIRIES
Book online through our website
or telephonically
TOUCH OF CLASS
In ’n klas van hulle eie…
Touch of Class is al vir dekades geseën met groot sukses in die musiekbedryf. Al het hierdie groep al verskeie ‘baadjies’ gedra, bly dit ‘n musiekgroep wat aanpas by hul aanhangers en die veranderende behoeftes en vereistes van die dinamiese Suid-Afrikaanse musiekbedryf. Dit is ‘n tydlose musiekgroep wat keer op keer opslae maak. Deon van Der Merwe, mede-stigter van die musiekroep beskryf sy ervaring as kitaarspeler van Touch of Class as volg: ‘Tot dusver was dit sowaar ‘n vervullende lewensreis. As iemand my môre vra om my droomloopbaan te kies, gryp ek sonder om te skroom verseker weer my kitaar!’

Een konstante en prominente figuur in hierdie groep is die kitaarspeler Deon van der Merwe. Deon het grootgeword in Kempton Park en het sy skoolloopbaan in Edenvale voltooi. Deon het groot geword die verhoog. Sy eerste instrument was ‘n klein orreltjie wat sy pa vir hom gekoop het. As musikant het hy al met enige denkbare musiekintsrument geëksperimenteer en vele al bemeester, maar die een instrument waarmee hy ten einde Internasionale bekendheid verwerf het, is sy kitaar.

Na skool studeer Deon sielkunde en verwerf ook ten einde sy meestersgraad daarin. Na universiteit het hy deeltyds vir onder andere die Country sangeres Charlie Dick gespeel en hy het ook Lance James en Jean Rockwell begelei op die kitaar. Hy het ook in die boere-orkes Piet van Heerden gespeel waar hy blootgestel was aan verskeie kompetisies. In sy agterkop het hy altyd geweet dat hy eendag musiek voltyds sal doen. Alhoewel hy ingeskryf het vir sy doktorsgraad in Hipnose as tema, het sy musiekloopbaan ten einde so vining posgevat dat hy sielkunde vir eers opsy moes skyf om op sy roeping as musikant te konsentreer.

In 1989 begin Deon vir Annelie van Rooyen kitaar speel en hy begelei ook vir Ronell Erasmus op klawerbord. In hierdie tyd word die gesinsorkes Touch of Class gebore.

Menigte aanhangers onthou nou nog Touch of Class se christelike albums saam met Ronell Erasmus. Toe die duo met christelike musiek begin het, was hul ook ten tyde die eerste Gospel groep in Suid-Afrika om 'n nommer een treffer op 'n Suid-Afrikaanse Top 20 te hê. Die reis saam met Ronell Erasmus en Touch of Class het 23 jaar lank geduur. Agt jaar gelede skei hul paaie en 'n jaar later word Ruhan du Toit deel van Touch of Class.

In Junie 2019 kondig Touch of Class aan dat Ruhan du Toit sy sololoopbaan gaan voortsit en dat Dusty Dixon die nuwe sanger van die musiekgroep word. Dusty Dixon het Deon van der Merwe genader om ‘n solo-album vir hom te komponeer en so het die twee musikante se paaie gekruis.

Nes Deon, het Dusty Dixon ook van kindsbeen af ‘n groot voorliefde vir musiek. “Ek kom uit ‘n musikale familie,” vertel hy. “My pa het kitaar en mondfluitjie gespeel, en saam met Charles Jacoby gesing. My een oom speel 13 instrumente.” Dusty is egter die eerste een in sy familie om musiek sy loopbaan te maak.

Dusty is gebore in die klein Natalse dorpie Dundee. Hy het sy eerste kitaar by sy oupa as geskenk ontvang toe hy maar ses jaar oud was. Na skool het hy verder in elektriese enginieurswese studeer, maar om op die verhoog te wees, was nog altyd sy droom.

Op negentienjarige ouderdom, kruis Dusty Dixon se paaie met dié van die bekende Tolla van der Merwe sin en nie lank daarna nie toer hy ook saam met die ‘Maak ‘n Las’-groep. Kort daarna was Dusty ook te sien op komediereeks ‘Vetkoekpaleis’ en so het sy loopbaan in die vermaak- en musiekbedryf begin.

Dusty het al verskeie solo albums uitgebring, onder meer Elvis Country en Elvis Gospel, asook Romeo & Juliet. Een van dié albums het platinumstatus bereik. ‘Kan jy onthou’, is die eerste enkelsnit vanaf Romeo & Juliet wat deur verskeie radiostasies gespeel is.

“Die song is op my lewe gebasseer. Ek het was op daardie stadium van my lewe op ‘n kronkelpad. Dit gaan oor keuses wat jy maak in jou lewe. Daar is baie mense daar buite, maar jy moet kies – die keuse is joune.”, vertel Dusty Dixon oor hierdie enkelsnit.

Dusty is self ‘n musikale woordsmit wat sy lirieke op allerdaagse ervaringe en gebeure uit sy eie lewe baseer. Hy het ‘n vers van die titelsnit van die album ‘Romeo & Juliet’ sommer geskryf terwyl hy bestuur het! Op die 25ste Augustus is die nuutste enkelsnit uit Dusty se pen ‘Stille Soldate’, by die Voortrekker Monument bekend gestel. Hy het hierdie enkelsnit ook self gekomponeer.

Die bostaande enkelsnit handel oor alle lede van die Suid-Afrikaanse Weermag wat vir ons land geveg het. Hierdie lied dra veral ook hulde aan alle ‘Stille Soldate’ wat hul lewens vir Suid-Afrika verloor het, maar wat nou soms vergeet word. Al teken van hierdie helde, is hul name teen die ‘Muur van Herinneringe’. Daarom is hierdie enkelsnit ook by die ‘Muur van herhinneringe’ aan die Silent Soldiers organisasie opgedra. Die musiekvideo is tans op sosiale media beski

SHARE THIS PAGE