BARNYARD LOYALTY CLUB
ENQUIRIES
Book online through our website
or telephonically
JAN BLOHM BAND
Witlig Toer
Kom reis saam Jan Blohm en sy band deur 20 jaar se treffers en nuwe materiaal in ‘n vertoning wat jou van begin tot einde sal vermaak en in verwondering laat.

Wanneer jy al als in die lewe probeer en ervaar het. Wanneer jou pelgrimstogte deurgetrap is en jou kruispaaie, deurkruis is. Wanneer jy selfs die hardste edelgesteentes en Ruby’s van die verlede deurkou het en jy vrede gemaak het met met jou verlede en wat die wêreld daarbuite van jou dink. Wanneer jy jou lisensie gekry het vir selfaanvaarding, eers dan, dan ervaar jy die rykdom wat elke mens so na smag. Dié rebelseun wat ons leer ken het, is nou ouer en meer volwasse. Dít kan jy hoor in sy lirieke, sy passie in die stiltes tussen woorde, terwyl sy eerlike, rou melodië jou hartsnare pluk.

Sedert Jan Blohm se debuutalbum in 2004 verskyn het, Melkstraat Confession, het hy die Afrikaanse rock-wêreld op sy kop gedraai met veelvuldige toekennings, onderandere Album van die jaar (2005 en 2009), Beste Rock groep van die jaar (2005), Beste Afrikaanse DVD van die jaar (2008), om maar net n paar te noem. Hy staan vandag onoorwonne met die vlag in die hand op die spits van die berg as die koning van Afrikaanse Rock.

‘n Musikale sirkel wat begin het met frustrasies, teenkanting, sonder begrip en hoop, is vandag voltooi met selfaanvaarding en trots. Jan Blohm het deur die jare nie net gegroei as musikant en liriekeskrywer nie, maar het sy talent as n skilder tenvolle ontwikkel en sy verbeelding op doek losgelaat. Hy het onlangs sy eerste solo uitstalling by die Breytenbach Galery in Wellington gehad - nog ‘n sirkel wat voltooi is.


SHARE THIS PAGE