BARNYARD LOYALTY CLUB
 
 
ENQUIRIES
Book online through our website
or telephonically
JUANITA DU PLESSIS
Dis Nooit Te Laat Nie - Daar's Altyd Kans Vir Weer Begin
Tyd is nie iets wat jy kan koop, verkoop of vir iemand kan gee nie… kan nie nog daarvan maak nie en ons kan dit nie uitvee of weer oorskryf nie…. Juanita du Plessis het wel ‘n goeie oplossing met haar nuutste vrystelling – “DIS NOOIT TE LAAT NIE – DAAR’S ALTYD KANS VIR WEER BEGIN” …soos haar lirieke verduidelik!

Dis Tyd…. Juanita du Plessis, dis hoogtyd!

Haar resep en formaat van 21 jaar is nog dieselfde en dis deel van haar geheim vir sukses – sy bly steeds jonk van gees en gaan met haar splinternuwe vertoning net voortbou op die top vermaak wat Juanita nog altyd vir die konsertgangers gegee het – Die aanhangers kan letterlik iets van alles verwag; dans, lag, trane, nostalgie en soos altyd stort Juanita haar hart en siel in elke stukkie van elke liedjie uit.

Dis Tyd Vertoning neem ons verder op haar lewensreis en gee sy met elke vertoning niks minder as 100% van haarself nie – wie sy is, haar kuns, haar talent maar ook haar persoonlike aanslag tot die lewe…. Met ‘covers’ van ‘n paar bekende Rock & Roll en 80’s treffers skop hierdie vertoning weer enige dansvloer aan die brand….haar ou bekende en geliefkoosde teffers wat mense altyd sal wil hoor maak steeds ‘n vinnige draai en sorg vir heerlike saamsing genot.

Juanita het ons 5jaar lank laat wag vir haar nuwe album “Dis Tyd”, asook die nuwe vertoning en met goeie rede; al bly haar boodskap nog altyd dieselfde wil sy seker maak dat mense wat haar musiek luister en geniet, ALTYD sal onthou en weet dat hulle nie alleen deur moeilike tye gaan nie – daar is altyd hoop en dis ook haar wens met die vrystelling en vertoning – sy hoop dit beteken vir iemand iets!

Juanita bly ‘n inspirasie en haar roemryke loopbaan, prestasies en mylpale is ‘n spreekwoordelike voorbeeld van haar toewyding en nederigheid waarmee sy hierdie vertoning aan jou, haar gunsteling mense gaan aanbied – Om elke oomblik saam haar te kan geniet!

SHARE THIS PAGE