BARNYARD LOYALTY CLUB
ENQUIRIES
Book online through our website
or telephonically
DEMI LEE MOORE
Demi Lee Moore to Tour The Barnyard Theatres!
Demi Lee Moore, wenner van die eerste Die Kontrak-televisieprogram, se album, Mis Eet Slaap Herhaal, spog reeds met goue status.

Demi Lee se album, Mis Eet Slaap Herhaal, bevat haar nuwe enkelsnit met dieselfde titel, nog drie oorspronklike treffers, van die liedjies wat sy op Die Kontrak-program gesing het, asook die gewilde vertolking van die Amerikaans countrysangeres, Cam, se treffer Diane. Nadat Demi Lee saam met haar mentor op die program, Monique Steyn, dié lied opgevoer het, het hulle ook Cam se aandag getrek wat hulle op sosiale media komplimenteer het met die weergawe.

Tydens die laaste Afrikaans is Groot-vertoning was Demi Lee verras ’n goue toekenning vir haar album ontvang vir verkope van meer as 15 000 eenhede. Dit is ’n uitsonderlike prestasie vir enige kunstenaar, nie eers gepraat van ’n kunstenaar nuut op die toneel met ’n album wat slegs twee weke oud is.

En nou kom Demi Lee Barnyard toe!


SHARE THIS PAGE