BARNYARD LOYALTY CLUB
ENQUIRIES
Book online through our website
or telephonically
FRANJA DU PLESSIS EN RUAN JOSH
Net Hier Bly
Ruan Josh en sus Franja du Plessis raak liries oor Suid Afrika met nuwe enkelsnit NET HIER BLY

Amerika, Australia, Nieu Seeland, Kanada, Israel en selfs Seychelles. Dis die plekke waar hierdie subbe al die geleentheid gehad het om te besoek en op te tree. Dit klink idillies, maar as jy hulle vra watter van die plekke hulle sou verkies, sal jy dit nie op hierdie lys sien nie.

Oor die afgelope 8 jaar het Ruan Josh en sy singende sussie, Franja dit reggekry om hulle merk te maak in die Afrikaanse en Suid-Afrikaans musiekindustrie. Ruan het al menigde projekte agter die skerms aangepak en Franja is ‘n boffin in die ateljee as dit kom by die vervaardiging van die immergewilde singende familie se musiek.

Tog het hulle gevoel dis weer tyd om kragte saam te span en ‘n splinternuwe liedjie uit te reik. Die liedjie is geskryf deur Daniel Potgieter terwyl Franja en Ruan self ook hulle insette gelewer het. Dié samewerking gee ‘n ongelooflike gevoel van lekkerkry. Dis ‘n liedjie wat geluister kan word op die langpad terwyl jy langarm. Of na ‘n lang dag en om ‘n langsame week af te sluit met ‘n braai saam met vriende.

Die produksie is behartig deur Franja self. “Ek wou iets skep met die liedjie wat by mense sal vassteek en daarom het ek ekstra tyd spandeer om interessante klanke te inkorporeer met die produksie. Ek is baie trots op die eindresultaat” sê sy met baie opwinding.

Ruan en Franja werk al vir meer as 18 maande saam aan Ruan se tweede album “Wysers” wat 29 Maart 2024 die lug sien waarvan treffers soos “Ligte af”, “Ek sukkel”, “Vat die houe” en natuurlik “Provider”, deel sal vorm. “Dis ‘n voorreg om so groot projek saam met jou sussie te kan aanpak. Ek dink nie baie mense kry die voorreg om as familie so te kan saamwerk nie en ons verstaan mekaar baie goed. Toe ek oorweeg saam met wie ek ‘n duet wil doen op die album, het my gedagtes wyd gedraai, maar Franja was eintlik die logiese keuse. Ek is baie dankbaar dat sy ingestem het”, verklap Ruan.

NET HIER BLY word Vrydag 2 Februarie 2024 vrygestel oor alle platforme en sal vergesel word met ‘n musiekvideo wat, heel gepas, op ‘n strand in die suidkus geskiet was en dit nogal 05:00 in die oggend. Daarna vat hulle die pad op toer deur SA en Namibië.

Ons stel bekend – NET HIER BLY deur Ruan Josh en Franja du Plessis. Dis jouSTERRE se voorreg om deel te wees van die projek.

SHARE THIS PAGE