BARNYARD LOYALTY CLUB
ENQUIRIES
Book online through our website
or telephonically
SCHALK SING SLEG
Sing Sleg
Schalk Bezuidenhout is bekend as ’n vreeslose én skreeusnaakse komediant. Sy videos op Instagram en Facebook is vir tienduisende Suid-Afrikaners die beste lagmedisyne sedert die lockdown begin het. Schalk tree op by die Barnyard met ’n splinternuwe vertoning wat Afrikaanse stand-up komedie met vlymskerp oorspronklike liedjies en musiek - oor alles en nog wat - kombineer.

Schalk mag dalk koor gesing het op skool en hy was selfs ‘n Kanarie op die silwerdoek, maar die slotsom is: Schalk sing sleg. Schalk deel die verhoog met die talentvolle musikant Wesley van der Westhuizen.

O ja, Wesley speel verskeie instrumente, Schalk tree dus nie op met backtracks soos een of ander snotkop met ‘n snor nie. Kom tuit jou ore en lag jouself ’n papie, want Schalk se liedjies sal jou laat mis, eet, slaap, herhaal én skater!

SHARE THIS PAGE