BARNYARD LOYALTY CLUB
 
 
ENQUIRIES
Book online through our website
or telephonically
JAN BLOHM
Jan Blohm
UPDATE: Jan Blohm’s guitarist and drummer will be flown in to be a part of his show at TYGER VALLEY BARNYARD on 29 July!

Wanneer jy al als in die lewe probeer en ervaar het. Wanneer jou pelgrimstogte deurgetrap is en jou kruispaaie, deurkruis is. Wanneer jy selfs die hardste edelgesteentes en Ruby’s van die verlede deurkou het en jy vrede gemaak het met met jou verlede en wat die wêreld daarbuite van jou dink. Wanneer jy jou lisensie gekry het vir selfaanvaarding, eers dan, dan ervaar jy die rykdom wat elke mens so na smag. Dié rebelseun wat ons leer ken het, is nou ouer en meer volwasse. Dít kan jy hoor in sy lirieke, sy passie in die stiltes tussen woorde, terwyl sy eerlike, rou akoestiese melodië jou hartsnare pluk.

Jan Blohm se debuutalbum wat in 2004 verskyn het, Melkstraat Confession, het die rock-wêreld op sy kop gedraai nadat hy in 2005 met die GMT-Toekennings die kollig gesteel het met ‘Album van die jaar’. Breyten se brief was toe as liedjie van die jaar aangewys en Jan as “Beste nuweling”. Daarna het Jan sy loopbaan kaalvoet aangedurf met hoogte-en laagtepunte, maar staan vandag onoorwonne met die vlag in die hand op die spits van die berg as die koning van Afrikaanse Rock. Vele ander toekennings het gevolg soos Huisgenoot Tempo se “Beste Rock groep van die jaar” in 2005. In 2008 sprei hy vlerke en pluk die hartsnare in London en selfs Beijing, Sjina! Met die 14e jaarlikste SAMA toekenningsaand word ons Rock-Koning bekroon met “Beste Afrikaanse DVD van die jaar.” 2009 stel Jan sy 7 Jaar bekend en stap dankbaar weg met die VAMT toekenning vir “Beste Rock Album van die jaar” asook twee Huisgenoot Tempo Toekennings vir “Gewildste Rock Album” en “Alternatiewe Musiekvideo van die jaar” saam met MK! ‘n ‘Rocker’ met meer toekennings as kitare ‘n paar jaar terug!

‘n Musikale sirkel wat begin het met frustrasies, teenkanting, sonder begrip en hoop, is vandag voltooi met selfaanvaarding en trots. Jan Blohm het deur die jare nie net gegroei as musikant en liriekeskrywer nie, maar het sy talent as n skilder tenvolle ontwikkel en sy verbeelding op doek losgelaat. Hy het onlangs sy eerste solo uitstalling by die Breytenbach Galery in Wellington gehad - nog ‘n sirkel wat voltooi is.

Kom reis saam Jan Blohm deur 20 jaar se treffers en nuwe materiaal in ‘n vertoning wat jou van begin tot einde sal vermaak en in verwondering laat.

SHARE THIS PAGE