BARNYARD LOYALTY CLUB
 
 
ENQUIRIES
Book online through our website
or telephonically
JAN BLOHM
Jan Blohm & Ryno Velvet
Jan Blohm en Ryno Velvet span weer kragte op die verhoog saam na lang afwagting van Blohm, Velvet en hulle aanhangers!

Sedert hulle laaste gesamentlike toere in 2006 en 2009, keer Jan Blohm & Ryno Velvet terug met n splinternuwe produksie wat gehore gaan meevoer en op ‘n reis neem van Jan Blohm, sowel as Ryno Velvet treffers, asóók merkwardige nuwe materiaal.

"Jan Blohm en Ryno Velvet se stemme smelt moeiteloos saam. Hulle individuele kitaarspel komplimenteer mekaar en maak jou die heeltyd hoop dat die acoustics dalk verander in electrics, want dit kan mos net nog lekkerder wees! Een song Jan sin, een song Ryno sin, met wonderlike nuwe weergawes van mekaar se songs. Dit het mens die heeltyd opgewonde gemaak oor wat volgende kom. Wat so ongelooflik was, is die gemaklike energie tussen Jan en Ryno. Die stories, grappies en mekaar terg het als lig en entertaining gemaak. Ons wou hulle nie laat gaan nie, want als was net so lekker! Dankie. " - Conrad Jamneck van The Daisy Jones Bar at OMG, Stellenbosch – 9 Januarie 2022

Jan Blohm het die jaar 2021 ‘n sabbatsverlof geneem en gefokus op sy visiuele kuns en sy kunsgallery in die Strand. Op enorme publieke aanvraag het Jan Blohm besluit om enkele, eksklusiewe solo optredes doen. Jan Blohm draai reeds die Afrikaanse rockwêreld op sy kop sedert hy in 2004 sy debuut gemaak het met sy album, Melkstraat Confessions, en hy het nog geensins opgehou om ’n omwenteling in die musiekbedryf te veroorsaak nie.

Daar is min musikante wat dit regkry om met die hart te praat soos Jan Blohm. Ryno Velvet is ‘n Suid Afrikaanse musikant, gebore in Bellville, Kaapstad. Hy is alom bekend bekend vir sy besonderse optredes en unieke kitaarspel. Ryno Velvet het sy stempel in 2006 afgedruk met die gewilde lied "Ai My Lam" en maak steeds opslae in alternatiewe Afrikaanse musiek. In 2021 stel Ryno Velvet twee enkelsnitte, “Ten aby die son” en “Weskus” vry in aanloop vir die opkomende en vyfde Ryno Velvet ateljee album, “Testament”.

SHARE THIS PAGE