"Kom kuier saam met Juan Boucher vir ’n aand vol stories en musiek tydens die bekendstelling van sy splinternuwe album 'Dis presies wat liefde doen'. Met die nuwe enkelsnit ‘Noord' – ’n samewerking met die bekroonde Tasché – beloof die vertoning om die hart te raak en die siel te voed. Beleef van die nuwe liedjies vir die heel eerste keer regstreeks, saam met al Juan se gunsteling-treffers wat hom een van die Grootste name gemaak het in Afrikaanse musiek bedryf.