BARNYARD LOYALTY CLUB
 
 
ENQUIRIES
Book online through our website
or telephonically
MILLENNIUM
Eerste Nasionale Toer
Millennium is gestig in 2019 deur die 3 Baard broers, Christiaan, Hendré & Morné. Die broers is oorsprong van Somerset-Wes. Tydens die inperking van die pandemie het die 3 boeties begin saam oefen met hul oog om hul eerste debuut album klaar te hê sodra die inperking verby is. In die tyd het die middel broer Hendré die album se liedjies geskryf en in kontak getree met Lee Berg om die album vir hul op te neem.

Met baie tyd in Lee Berg se ateljee in Gordon ‘s Baai het die 3 broers en Lee vinnig vriende geraak en saam besluit dat Lee ook deel gaan vorm van Millennium band. Millennium se eerste album "Ewigheid" is vrygestel in Augustus 2021. Met reuse sukses het Millennium twee musiek video’s laat opneem van "Ewigheid" en "Maak my heel" wat tans op die kassie vertoon. Millennium se visie is om Afrikaanse Rock weer terug te bring. "Ons hou van mense met goeie gees en wil graag vir hul iets oorspronkliks teruggee." Millennium is tans besig met hul volgende enkel snit "Judy" en hy sal binnekort vrygestel word.

Jy kan hul musiek kry op alle platforms en sosiale media as ook al hul optredes reg deur Suid Afrika. Die groep is tans besig met hulle eerste nasionaal toer van die kaap, Karoo na Bloemfontein, Potchefstroom en Pretoria. Hou ons webwerf en sosiale media dop vir vertonings in jou drop!

SHARE THIS PAGE