BARNYARD LOYALTY CLUB
ENQUIRIES
Book online through our website
or telephonically
JAY
Jay is hier om te bly!
Hy is die stoutseun van Afrikaanse popmusiek wat enige partytjie behoorlik aan die gang kry. Met ‘n lys treffers te lank om almal te noem is JAY oral almal se liefling met sy ondeunde, maar innemende persoonlikheid. Jay spog met ‘n verstommende 27 jaar loopbaan wat strek van Musiekteater, Film, TV en verskeie suksesvolle, kommersiële groepe en opnames wat hom as een van die mees senior en ervare kunstenaars in Suid Afrika bekroon. Jay spog met meer as 130 Miljoen streams oor al sy musiek platforms! Jay is hier om te bly! Sy nuwe toevoeging tot al sy musiek sukses is sy nuwe opname Stoutgat wat beloof om weereens die ligte uit te blaas! Kom gerus na een van sy vertonings om te sien hoekom die man nogsteeds een van SA se gunstelinge bly.

SHARE THIS PAGE