BARNYARD LOYALTY CLUB
 
 
ENQUIRIES
Book online through our website
or telephonically
JENNIFER ZAMUDIO
HARTKLOP: 25 jaar se lekkerte!
“Dis nie net my storie nie – dis ons s’n”

Kom vier saam met Jennifer Zamudio, ’n ongelooflike reis van 25 jaar in die Afrikaanse musiekbedryf! Met haar onbeskryflike energie, natuurlike aanvoeling vir vermaak en spontane “weskus-humor” het sy oor die jare menige konsertgangers op hul voete gehad en duisende harte bekoor.

Van haar eerste treffer tot die meer onlangstes — elke liedjie ‘n hartklop, elke verhoog ’n herinnering, en elke luisteraar & Zamjammer ‘n deel van haar storie.

Op hierdie spesiale aand draai sy die klank krane oop, laat die “jam drop”, en deel musiek wat ons saam laat lag, huil, dans en onthou.

Dis meer as ’n konsert. Dis ’n fees van gevoel, herinnering, ritme en dans. Bring jou mense, bring jou hart – en kom wees deel van die ZAMJAM HARTKLOP...die hart wat nooit ophou klop nie! Kom ons maak dit net lekker!

SHARE THIS PAGE