BARNYARD LOYALTY CLUB
ENQUIRIES
Book online through our website
or telephonically
DERICK HOUGAARD MY STORIE
Naby en Persoonlik
Die rugby legende, Derick Hougaard, het sy deel van goeie en slegte tye gesien. Hy was as 20-jarige Blou Bul die ster van die Curriebeker finaal van 2002 en het die Liefling van Loftus geword. In 2003 was hy ‘n lid van die Wêreldbeker Springbokspan en dit was ook tydens hierdie toernooi dat die bekende plettervat van Samoa se Brian Lima hom in sy spore gestuit het. Rugbyaanhangers het nie gedink hy sou dit oorleef nie, maar hy het.
Maar toe het die lewe draaiballe na Derick begin gooi, eers ‘n besering wat sy loopbaan beëindig het, die verlies van ‘n kind, ‘n baie openbare egskeiding en verskeie skandalige stories wat hom op die voorblaai van die koerante en tydskrifte gehou het.
Derick het op een of ander maniere ook hierdie oorleef.
En toe tref die tragedie hom weer. Derick het longontsteking wees aspirasie opgedoen en moes 21 dae in die intensiewe sorgeenheid van ‘n hospitaal deurbring. Niemand het gedink hy sal hierdie oorleef nie.
Maar weereens het hy.
So wat is dit aan Derick Hougaard, die Liefling van Loftus, wat hom elke keer terug op sy voete kry?
Kom luister na Derick se ongelooflike storie van oorlewing en vind uit watter harde lesse die lewe hom geleer het.
Uit sy eie mond.

SHARE THIS PAGE