BARNYARD LOYALTY CLUB
ENQUIRIES
Book online through our website
or telephonically
JAN JAN JAN
Live on stage
Jan Jan Jan het aan die einde van 2019 naam gemaak met hulle stywe broekies, tweekleur hemde en eerste enkelsnit ‘Wys Jou Vleis’ na ‘n foto van hulle en dié broekies soos ‘n veldbrand versprei het op sosiale media met die soektog wat die sangroep se naam moes wees.

Sedert dié uitreiking het nog treffers gevolg en het jy al saam met die 3 Janne vleis gewys, mielies gegooi en Boer gebly en dit is duidelik dat daar geen keer is aan hierdie groep soos wat een na die ander video etlike miljoen kyke inpalm nie.

Die manne spog ook al met ‘n Goue Toekenning of twee en was ook al genomineer vir ‘n SAMA Toekenning vir Beste Pop Album van die Jaar (2022) vir ‘Two Tone Lyf.

DIE POTHOLES MAAK NIE SAAK Van komedie tot meer drukkende sake doen die Janne alles ! Hierdie keer is hulle terug met ‘n bietjie van beide . In hierdie vrolik lighartige nommer bring Jan Jan Jan ‘n boodskap van hoop en ondersteuning soos hulle sing: “ Skattie jy’t gesê die potholes maak nie saak.

Om dit eenvoudig te stel , maak nie saak wat die lewe op jou pad mag bring nie kan jy altyd staatmaak op die Janne om daar te wees vir jou . Ons het verlief geraak op die manne met hulle debuutsnit , Wys jou vleis , wat bietjie klassieke boeremusiekelemente navore gebring het.

Hulle het daai klanke weer meestervol ingemeng vir die moderne gehoor saam met vervaardiger Dirk van Niekerk wat jou daardie gevoel van gemak en tuiswees gee en sê , maak nie saak wat die probleem is nie , luister net bietjie. Jan Jan Jan om jou dag weer op te kicker.

SHARE THIS PAGE