Armand Joubert maak sy debuut met sy heel eerste vertoning as solo kunstenaar by Barnyard Silverstar, 23 Augustus 2025.
Met Jou Klere Af, Hande Op My Lyf, Dans Saam My en Sexy Genoeg is net n paar treffers om te noem wat Armand in 2024 vrygestel het en die land mee laat gons het. Hy het in n kwessie van n jaar die Afrikaanse musiek bedryf by storm gevat met meer as 6 miljoen streams op streaming platforms.
Armand was deel van The Voice SA Season 2 in 2017 en was laas op die verhoog by Barnyard Silverstar in 2018 saam met Fatman, Caroline Grace, Craig Lucas en Josh Ansley met die finaliste se toer.
Die keer bring Armand sy Afrikaanse musiek katalogus Barnyard Silverstar toe met n splinternuwe energieke vertoning.