BARNYARD LOYALTY CLUB
ENQUIRIES
Book online through our website
or telephonically
DIE DRIE VARKIES
Kinderteater
Na Speelgoedkas produksies se suksesvolle optredes van die Treurige Takbok by die Barnyard Teater se musiekskuur, bied hierdie produksiehuis vanjaar DIE DRIE VARKIES aan! Langs die gewilde restaurant: “Die Spek-Plek” bly drie klein varkies, Tjoppie, Bacon en Spekkie. Mamma Speen wil graag hê haar drie varkie-dogters moet uit die huis uit trek en elkeen ‘n varkie-man kry. Rolf die rowwe wolf hoor al die planne en vermom homself as die varkie-mans sodat hy die drie varkies kan vang. Lekker liedjies, dansies en hope pret wag vir al die maatjies wat na hierdie moderne weergawe van die DRIE VARKIES gaan kom kyk.

SHARE THIS PAGE