BARNYARD LOYALTY CLUB
ENQUIRIES
Book online through our website
or telephonically
DANIE NIEHAUS (Musiekskuur)
EK EN JY
“Ek en jy in ons klein sprokie, met ‘n lied om te oorleef…” – Danie Niehaus (Ek en Jy) In die vertoning wys Danie op sy vermoë om musiek van verskeie genres en in verskeie tale te kan sing. Die oorspronklike musiek is meestal op die vrou gemik, besing die liefde en is die pennevrug van sy afgelope 30 jaar in die musiekbedryf wat gevier word met sy nuutste album, “Meesters van die Kuns”. Die program neem die gehoor op ‘n musikale reis deur ballades, ligte rock- en ligte klassieke musiek met vertellings – soms komies - oor die ontstaan van al die liedjies – dié uit sy eie pen, maar ook die musiek waarmee hy grootgeword het en wat hom geïnspireer het oor die jare om musiek te skryf en te sing. (Vertoning in ons intieme nuwe Musiekskuur-teater @ Pretoria-Barnyard)

SHARE THIS PAGE