BARNYARD LOYALTY CLUB
ENQUIRIES
Book online through our website
or telephonically
DIE TREURIGE TAKBOK (Musiekskuur)
By Kersvader se Feesfabriek in die Noordpool, gebeur daar baie interessante dinge
‘n Splinternuwe kinderteaterproduksie kom betower gehore by die Barnyard Teater Parkview hierdie jaar! Speelgoedkasproduksies bied aan: DIE TREURIGE TAKBOK. By Kersvader se Feesfabriek in die Noordpool, gebeur daar baie interessante dinge. Daar is liggies, hope geskenke, kersbome, vrolike liedjies en wonderlike kersfeeskarakters. Maar eendag gebeur daar ‘n verskriklike ding in die Feesfabriek. Een van Kersvader se takbokke besluit om al die lekker geskenke vir Pretoria se kinders weg te steek! Hoekom sal die Takbok so iets doen? Is hy ‘n stoute boelie? Of is sy hartjie net onnodig seer? Kom kyk hoe Kersvader en sy elfies die Takbok vang en help om ‘n beter maatjie te wees. Hierdie produksie is vir groot en klein maats en almal is welkom om na die vertoning hul gesiggies verniet te kom verf of ‘n ballon by een van die karaktertjies te laat vou! (Vertoning in ons intieme nuwe Musiekskuur-teater @ Pretoria-Barnyard)

SHARE THIS PAGE