BARNYARD LOYALTY CLUB
ENQUIRIES
Book online through our website
or telephonically
DOZI CREEDENCE CLEARWATER REVIVAL
ontplof met die musiek en storie van CCR
Hierdie eksklusiewe vertoning aangebied deur Music Profile Management, word opgevoer deur die immergewilde Dozi, soos net hy kan. Dozi het hierdie vertoning in 2008 opgevoer en het die vertoning enorme sukses behaal. Soveel so dat ‘n CD en lewendige DVD opname van hierdie vertoning vry gestel was, wat beide lankal reeds goue status bereik het. Op publieke aanvraag die afgelope jare, is die tyd nou ryp en is die vertoning terug op die planke. Hierdie produksie is nie ‘n “Dozi vertoning” nie, maar ‘n kragtoer van wereldtreffers bekend gemaak deur Creedence Clearwater Revival (CCR) wie tydens hulle loopbaan meer as 30 miljoen albums in die USA alleen verkoop het. CCR wat reeds in die vroee 70’s op gebreek het, word terug in die lewe geroep met hierdie vertoning. Al CCR se treffers soos Cotton Fields, Who’ll stop the rain, Midnight Special, Proud Mary, Have you ever seen the rain en Bad moon rising om ‘n paar te noem, sal jou verseker op jou voete he van die eerste tot die laaste noot. The CCR show is one not to be missed and tailor made for any corporate event, theatre and festival and a like. A performance consisting of so many CCR hits will have you singing them long after the show has finished.

SHARE THIS PAGE