BARNYARD LOYALTY CLUB
ENQUIRIES
Book online through our website
or telephonically
KORRELTJIE KANTEL - Musiekskuur
Met Luna Paige, Nick Turner & Jamie Jupiter.
Na ‘n suksesvolle debuut op RSG se Radio Kunstefees en optredes by Woordfees en KKNK (2016), word die musiekteaterproduksie Korreltjie Kantel, verder verwerk vir die verhoog. RSG en Iluminar Produksies span kragte saam vir die opname en bekendstelling van die nuut-verwerkte Korreltjie Kantel in 2017. Verwag nuwe musikale toevoegings tot die musiekproduksie. Die CD word eksklusief vrygestel op RSG, waarna dit gevolg word deur ‘n landwye toer. 3 Onverwagse musiekgroepe kom bymekaar om Ingrid Jonker se liefdesgedigte te verwerk en opnuut weer te gee. Hierdie gedigte word verweef met dramatiese en musikale vertolkings van André P Brink en Ingrid Jonker se liefdesbriewe aan mekaar in die 60iger jare. ‘n Hartroerende en intieme weergee van verlange, verbodenheid, vernietiging en die vreeslose verrukking van die liefde. Korreltjie Kantel word ondersteun deur Concerts SA en ClemenGold. Met Luna Paige, Nick Turner & Jamie Jupiter.

SHARE THIS PAGE