BARNYARD LOYALTY CLUB
ENQUIRIES
Book online through our website
or telephonically
Bobby van Jaarsveld at Silverstar Barnyard
Die Eerste 10 Jaar
“Ek is tien wonderlike jare geleen.” So gesels Bobby van Jaarsveld oor sy jongste album, Bobby van Jaarsveld: Die eerste 10 jaar, ? album met al sy grootste treffers van die afgelope dekade. “Mens tel nie noodwendig elke jaar nie, en dan, op ‘n dag, besef jy doen nou al tien jaar lank waarvoor jy so lief is. Dis nogal besonders.” Die album bevat al die publiek se grootste gunstelinge, asook twee splinternuwe snitte, waarvan een in Engels is. “Ek wou nog altyd iets in Engels doen, en ek is baie opgewonde oor It’s Always Been You, wat ek saam met André Scheepers geskryf het. Ons glo die publiek gaan ook baie daarvan hou.” Hy glo die ander nuwe snit, Middernag Serenade (geskryf deur Johan Vorster) sal tot elke romantiese hart spreek. As bonus het Van Jaarsveld ook ? nuwe verwerking van Boemelaar, een van sy persoonlike gunstelinge, ingesluit. “Ek het ook besluit om So klink ‘n hart, wat ek destyds vir Eden geskryf het, self op te neem vir hierdie album.” Die baie gewilde sanger – hy is al ‘n yslike 32 keer bekroon met toekennings wat wissel van manlike kunstenaar van die jaar tot album van die jaar – sê dit bly vir hom ‘n groot voorreg om daagliks sy passie vir musiek te kan uitleef. “Toe ek op agtien my eerste album uitgereik het, het baie mense my gewaarsku om nie so vroeg ‘n loopbaan in hierdie baie kompeterende bedryf aan te pak nie, maar vandag is ek baie bly ek het wel begin op daardie ouderdom!” Oor sy sukses is hy baie beskeie. “Dis alles net Genade.” Vra ‘n mens hom watter van die 22 snitte op die album sy persoonlike gunsteling is, lag hy net. “Dis regtig moeilik om te kies. Dis soos om ‘n pa te vra watter kind is sy gunsteling. Maar liedjies soos Spieëltjie, ‘n Vrou wil dit hoor en My lewe draai om jou, is nogal na aan my hart. Dit het ook groot dinge vir my loopbaan beteken.” Verskeie ander kunstenaars se stemme kan ook op die album gehoor word, soos Eens in ‘n leeftyd, sy treffer saam met die bekroonde sangeres Riana Nel. Aanhangers van Eden kan daarna uitsien om hulle te hoor op die snit Butterflies. Ek moes jou gesoen het, die liedjie wat Van Jaarsveld saam met Leah sing, asook die baie gewilde My lewe draai om jou, wat hy saam met die aktrise Lika Berning gesing het in die fliek Liefling, is ook op die album. Van Jaarsveld het elke ondersteuner van Afrikaanse musiek bedank vir die afgelope tien jaar. “Sonder julle sou dit nie moontlik gewees het nie.” Van Suid-Afrika se voorste musikante, soos die kitaarspelers Juan (Floors) Oosthuizen en Denny Lalouette, kan ook op die album gehoor word. Danny Smoke, Murray Lubbe en Elben Schutte het gehelp met verwerkings en opnames, en die finale meng is behartig deur Coleske en Paulo Azevedo. Bobby van Jaarsveld: die eerste 10 jaar is ‘n moet vir elke aanhanger van hierdie baie talentvolle ster

SHARE THIS PAGE