BARNYARD LOYALTY CLUB
 
 
ENQUIRIES
Book online through our website
or telephonically
COMPLETE NASIONALE DAMES KONFERENSIE
Vertoning van Ruan Josh
Wat beteken dit om VROU te wees?!

Om 'n vrou te wees is veelsydig, kompleks en dikwels onregverdig en frustreerend... maar om terselfde tyd selfgeldend, deernisvol en kwesbaar te wees teenoor geliefdes. Doelwitte na te streef, selfs in die lig van die teëspoed. Die samelewing hou ons aan belaglike standaarde en verouderde denkwyse is deurdringend in ons daaglikse lewens.

COMPLETE Dames Konferensies word deur vrouens vir vrouens aangebied en is ‘n dames oggend op ‘n hele nuwe vlak van verreiking, bederf, inspirasie, lewensafrigting en vermaak. Die gehoor word letterlik by elke aspek van die vertoning betrek en word liggaam, siel en gees toegerus om die lewe weer volstoom in die oë te kyk wanneer sy daar uitstap!

Meeste vrouens sukkel steeds met hulle doel, waarde, identiteit en vrae van waar pas ek in, hoekom leef ek en die voordurende twyfel in hul eie bekwaamheid heers steeds hoogety. Dus is die doel en passie van COMPLETE dames byeenkomste om die vrou op te vul sodat sy weer haar sleutelrol in die samelewing, haar gesin/familie en loopbaan kan volstaan met vertroue in wie sy werklik is!

SHARE THIS PAGE